Vandag het ek ‘n onderonsie met die firma ADT gehad, hulle posstukke is in Engels alleenlik, en die telefoon word beantwoord met ‘n AMERIKAANSE rol..rol…engels oor die tong. wanneer iemand moet aanhou vir diens..is hierdie Amerikaanse aksent so vreeslik op die agtergrond.
Op my versoek dat ek my pos in Afrikaans kry, was ek meegedeel dat dit “N INTERNASIONALE FIRMA IS” en hoef nie die taal kwessie te akkomodeer nie.
Miskien kan iemand uitvind hoeveel Afrikaans sprekende gebruik ADT se dienste as Sekuriteit…en dan aandring op Afrikaans as korrespondensie taal. indien ‘n firma hier in SA kom besigheid bedryf, moet sekerlik ag geslaan word op wie die verbruikers van die firma is.
Sodoende kan daar ook ‘n pos geskep word vir ‘n Afrikaanse sprekende by ADT
Die Brug
Gordonsbaai.
Hier waar ons woon is daar ‘n klein riviertjie, en om aan die ander kant te kom, moet ons die drif oorsteek, of gebruik maak van die houtbruggie
Die drif is vol gate, en ‘n absolute skande. Maar ons houtbrug vir voetgangers hang uitmekaar uit, dit is uiters gevaarlik veral met kinders en ouer persone.
Die saak was reeds aangemeld aan die betrokke owerheid, maar daar gebeur absoluut niks nie, indien iemand hier ernstig beseer word, het ek vas gestel kan ‘n eis ingestel word teen die Munisipaliteit. Hier by ons ter plaatse kan ons nie spog met die ontvangs van sekere dienste nie, dit is tragies want ons het gestem “Vir Dienste”. volgende keer vertel ek julle van die Salaris Struktuur van Raadslede!
Vroue
Vandag is vroue dag. na aanleiding van navorsing vir ‘n kort verhaal Anglo Boereoorlog
in die konsentrasie kampe het duisende vroue en kinders gesterf
Japan vra vergifinis vir gebruik van vroue vir prostitusie gedurende 2de W.oorlog
Duitsland verskoning aan Jode
veel meer lande bieg en vra vir vergifinis
waarom dring niemand aan dat Engeland moet erken dat hulle ons
vroue en kinders vermoor het, dring aan op vergoeding vir ‘n fonds tot hulp aan ,studiebeurse vir ons mense’ waar is die persoon die hierdie taak wil aandurf??
Dagsê wêreld!
Welkom by Maroela Media. Hierdie is jou eerste artikel. Wysig dit of verwyder dit en begin blog!