Gordonsbaai.
Hier waar ons woon is daar ‘n klein riviertjie, en om aan die ander kant te kom, moet ons die drif oorsteek, of gebruik maak van die houtbruggie
Die drif is vol gate, en ‘n absolute skande. Maar ons houtbrug vir voetgangers hang uitmekaar uit, dit is uiters gevaarlik veral met kinders en ouer persone.
Die saak was reeds aangemeld aan die betrokke owerheid, maar daar gebeur absoluut niks nie, indien iemand hier ernstig beseer word, het ek vas gestel kan ‘n eis ingestel word teen die Munisipaliteit. Hier by ons ter plaatse kan ons nie spog met die ontvangs van sekere dienste nie, dit is tragies want ons het gestem “Vir Dienste”. volgende keer vertel ek julle van die Salaris Struktuur van Raadslede!